
Dirk Hermann
@SolidariDirk • 37,972 subscribers
Bestuurshoof: Solidariteit - Ons help bou aan 'n toekoms waarin ons kinders en hul kinders vry, veilig en voorspoedig sal wees.
Shorts
Videos

News24 vra nóg 42 vrae. Hulle het al 200 vrae aan die Solidariteit Beweging gevra en kon nog niks vreemds kry nie. Hierdie keer vra hulle oor Solidariteit se projekte op Orania. Ons groot projek daar is Bo-Karoo Opleiding. Ons het besluit ons gaan nie net hul vrae beantwoord nie, maar ook ons projek wys. In die volgende paar dae gaan ons alles oor Bo-Karoo Opleiding wys. Ons is trots daarop.
Dirk Hermann12,534 Aufrufe • vor 1 Monat

SOLIDARITEIT SE 70 M LANGE BANIER IS TERUGBESORG! Die Johannesburg-metro moes ná ʼn bevel van die hof Solidariteit se banier teruggee. Daar is geen twyfel dat die banier onregmatig verwyder is nie. Dit is vandag by Solidariteit se hoofkantoor in Centurion afgelewer. Lesufi en sy trawante by die Johannesburg-metro se magstryd het nie gewerk nie!
Dirk Hermann20,825 Aufrufe • vor 10 Monaten

Goeie nuus om 07:00 Ek gaan vir die volgende 30 dae elke dag om 7:00 goeie nuus deel. Vandag skop ons af. Kyk gerus hoe die stof so staan. Jy’s getuie van die grootste Afrikaanse bouprojek van ons tyd. Kanton het die kontrakteurs vir die massagrondwerk vir die bou van die Akademia-kampus aangekondig. Die geelmasjiene het die grond getref. Dis ʼn reuseprojek, wat as dit voltooi is ongeveer R3,2 miljard gaan kos. Dis ʼn daad van selfvertroue. Ons bly net hier! Kyk gerus hoe die grond gereed gemaak word vir die groot bou. Dankie, Solidariteit-lede. Julle help bou!
Dirk Hermann23,477 Aufrufe • vor 1 Jahr

Ons is Charlie Kirk. Sy dood is ’n stuk dood van elkeen van ons. ’n Stuk onverdraagsaamheid het hom doodgemaak. Hy was ’n vriend van Suid-Afrika en ’n vriend van die Afrikaner. Hy was meer as ’n vriend – hy was ’n sielsgenoot. Bo alles was hy ’n man en pa, ’n simbool van gesin en geloof. Ons dink aan ’n gesin in rou. Charlie Kirk is dood, maar sy dood gee lewe aan sy idees. Mag sy dood sy grootste potgooi nog wees.
Dirk Hermann14,531 Aufrufe • vor 1 Jahr

Vriende ons is tans in die VSA en ons neem die stemme van regte mense saam na die Withuis. Mense soos jy! Suid-Afrika is een van die mees rasgereguleerde lande ter wêreld. Dit dryf beleggers weg, knel ekonomiese groei en hou miljoene mense in armoede vasgevang. Dit is nou tyd! Skryf vir ons ’n boodskap en stuur jou stem saam na die Withuis! Klik hier:
Dirk Hermann13,651 Aufrufe • vor 1 Jahr

Hier is ’n opsomming van ons toer na die VSA: Suid-Afrika en Amerika se verhouding is op ’n vreemde plek. Die regering se diplomatieke besluite het Amerika kwaad gemaak, maar daar is steeds die moontlikheid van ’n sterker bilaterale verhouding wat ons nie kan ignoreer nie. Daar is ’n lig op Afrikaners. Ons het dit reggekry om ons saak in Amerika te stel. ’n Nuwe westerse selfvertroue is besig om te ontwikkel, en ons moet deel daarvan wees. Ons staan op vir ons lede. Of dit oor werksgeleenthede of Agoa gaan – ons maak seker dat Afrikaners se belange beskerm word. En dan die belaglike bewerings van hoogverraad. Dit is teleurstellend dat die reg gebruik word om politieke punte te maak. Ons pad vorentoe is duidelik: Ons veg vir ons mense, ons bou ons toekoms.
Dirk Hermann13,218 Aufrufe • vor 1 Jahr

Die beskuldigings van hoogverraad teen die afvaardiging van die Solidariteit Beweging is belaglik, ongegrond en laat ons met geen slapelose nagte nie. Dit is egter ‘n laagtepunt wanneer die regstelsel vir politieke doeleindes misbruik word. As jy geen argument het nie en dan na die polisie hardloop met ‘n hoogverraadklag en die Valke openbare verklarings maak oor iets wat duidelik sonder gronde is, is dit ‘n laagtepunt vir die demokrasie. Die enigste ware verraad teenoor Suid-Afrika se mense is die ANC se beleidsrigtings, wat tot die verlies van duisende poste lei en teen minderhede diskrimineer. Ons gaan egter nie na die polisie hardloop met ‘n belaglike klag nie, maar eerder erkende politieke prosesse volg, insluitend buitelandse steunwerwing. Indien hierdie saak in die hof sou beland, sal dit ‘n reuse verleentheid vir die regering wees.
Dirk Hermann13,195 Aufrufe • vor 1 Jahr
Keine weiteren Inhalte verfügbar





